
Availability: 100 in stock
R200,00
In die 150-jarige bestaan van die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika (GKSA) is hierdie die eerste versamelde publikasie van die Argitektoniese Erfenis van die GKSA.
Die eerste kerkgebou was slegs ‘n vergaderplek sonder enige bindende argitektoniese konsep, gewoonlik in ‘n saalvorm gebou. Geleidelik word ‘n bepaalde styl ontwikkel. Die geboue het langer en wyer geword en sommige selfs ‘n verdieping hoër. Al drie hierdie tendense is nog duidelik te bemerk in die spektrum van Gereformeerde Kerkgeboue in Suider-Afrika. G Moerdyk het ‘n verandering in die Suider-Afrikaanse kerkboukunde gebring. Hiervan is die kerkgebou van Reddersburg ‘n duidelike voorbeeld. Jare later kom ‘n modernisering deur De Ridder en ander na vore.
Die doel van hierdie publikasie is om ‘n fotobeeld te gee van die Gereformeerde Kerkgeboue in Suider-Afrika. Die redaksie spreek sy dank uit aan al die kerkrade en individue wat hieraan meegewerk het. Van gemeentes waarvan geen of min reaksie ontvang is, kon gevolglik net beperkte inligting geplaas word.
Omdat met die samestelling van die publikasie begin is voor die nuwere eenheid in meerdere vergaderings, is die plasing nog volgens die klassisindeling van 2008 gerangskik. Ontbinde kerke word afsonderlik behandel.
Ons vertrou dat dit nie net ‘n koffietafelboek sal wees nie maar ook ‘n reisgids.
Krugersdorp, 2010.
Redaksie:
JM van Tonder
JG Noëth
NG Sarkady
CT Harris
FM Schutte
Availability: 100 in stock
BoekeAvailability: 100 in stock